Tuesday, July 03, 2007

Jeremy (rekkiedominee) Clarkson on the Hyundai Getz

As jy dink 'n kar is 'n blote noodsaaklike duur uitgawe om van punt A tot B te kom, hou op lees... :)

Vir die res van ons - is jou kar 'n ekstensie van jou persoonlikheid... van jou siel... Al is dit jou gesoupde golfie, rolercoaster Alfa wat enige tyd (in stylvolle Italiaanse flair) gaan breek, of jou kanniedood Toyota Hilux Bakkie... dit is iets wat ons "petrolheads" help definieer - al is dit net 'n poster van 'n Audi RS4 of BMW M5 teen jou muur (of die versteekte brosjure in 'n laai of op jou pc)...

Ek is gek oor my RSi - dit lyk soos enige ander unpretentious Corolla.... totdat jy die naald bo 4500 RPM stoot... dan dit voel of daar dan nog 'n 1.6i inklim om die smiling gevreet van die Subaru Impreza WRX gou weg te vat oppad na die 8200rpm merk... of hoe Albre??? :P

Van ons is net passievol oor bestuur en klaar - dit sit 'n smile op ons gesigte wat die ry werk toe en terug 'n exciting adventure maak, en nie 'n logistieke nagmerrie wat jou kosbare slaap-ure, familie en/of vrytyd steel nie. Ons hou niks van mense wie BMW's koop oor die looks nie, en is bereid om baie typical creature comforts op te gee om "the enjoyment of driving" baie meer opwindend te maak.

Dit is hoekom ons eerder stilbly oor duur stukke gemors (ons is nie geintreseerd in 'n gesprek wat gedryf word deur jou wallet-size nie), en blatantly outspoken is oor Kia's, Tatas, Hyundai Accidents en veral Dacias (wie kan Wiel se resensie oor hul 4x4 doublecab vergeet)!

Met my (on)geluk kan ek nie rapporteer oor Andries se Outomatiese 320d Beemer nie, want (1) die definisie van the ultimate driver's machine is beperk tot 'n behoorlike (manual vir die souties) ratkas, en (2) iemand het 2 weke terug besluit die E46 se bland lyne langs die kant kort meer karakter (side-impact collision vir die wie nie verstaan nie...) Andries is egter rather pleasantly oortuig dat hul Side-Impact Protection System sowel as die Lugsakke baie goed werk...

So met my aankoms in Gauteng (nee, dis nie vir werk nie - ek is actually op verlof!) is ek bekend gestel aan die huidige Avis Special - die Hyundai Accident se kleinboetie - die Getz ('n moordende bloedrooie daarby....) en o Gits.... Alles wat jy kan goed sê oor iets soos die Honda Jazz citicar, kan jy verkeerd sê oor die OGits - met die uitsluitlike ooreenkoms dat albei van hulle aircon en lugsakke het.

Positiewe punte: (Useless) Aircon, Kragstuur, stiller as 'n Volla. Airbags wat ek eerder nie wil toets nie...
Negatiewe punte: Hmmm daar is net 3 goeie karre uit die ooste - Toyota, Subaru en Mitsubishi (Evo's). Hyundai is nie een van hulle nie. Die hantering is soos 'n pogostick - jy gaan le dwars om draaie - ook bekend as die Sinclair C5 - dit voel soos 2 wiele langs jou - en die rempedaal laat jou wipplank ry - jy ruk vorentoe as jy trap, en jy val terug in jou stoel as jy dit los. Nee, NIE as jy die petrol trap nie. Die bring herinneringe terug van Wiel se 1996 resensie oor die Dacia Elan: "Wat? Jy wil met daai ding om daai draai met daai spoed gaan? ....ek dink nie so nie....en om te stop trap jy die rempedaal met alles wat in jou is.... en jy trap..... en jy trap................ ......en dan wag jy......." Ek dink dit sou 'n komplement wees vir die OGits.... Die petrolpedaal is 'n stuk iets wat met 'n rekkie aan iets (erens?) vas is. Jy kan hom trap - maar dis net mildly amuzing vir so lank - die harmstertjie hardloop sirkels om sy sirkel, maar jy kom nerens (en as jy die clutch @ 5km los en die kar sit op 6500rpm in eerste - wil jy regtig???). Die speedometer is anyway meer optimisties as 'n vark in Palestina. Op (sy) eie manier bring hy jou wel van punt A na B, die vraag is of jy dit (2) in Gauteng se verkeer wil doen (jy wil regtig nie), en (1) of jy enigsins wil (en dit het absoluut niks met image, styl, status of enigiets van daai gemors uit te waai).

Dit dwing my om te vra HOEKOM WIL JY DIT AAN JOUSELF DOEN???!!!! Ek is seker die rit gaan meer genotvol wees in 'n Taxi. Steeds keer dit nie mense om die goed by die dosyne te koop nie. Omdat dit beter is as 'n Golfie/Tazz(Yaris deesdae)??? Ek dink nie so nie. Jy koop dit nie vir die betroubaarheid of brand nie (herverkoopwaarde is minder as water), nog minder vir werkverrigting, en laastens vir styl nog karakter - want die OGits besit definitief nie een van bogenoemde nie.

Die mees useless gevolgtrekking van hierdie gebrabbel is dalk nie so voordiehandliggend nie, maar tog eenvoudig - koop Suid-Afrikaans. As jy betroubaarheid soek, koop 'n Toyota. As jy beter kwaliteit soek, koop 'n VW (obviously dan iets beter as 'n Golfie as jy dit kan bekostig - en bedank ons Reserwebank dat hulle dit van Julie 2007 net soveel meer onmoontlik gemaak het). Ons BMW's word actually in Gauteng gebou, en word allegedly beskou as een van hul beste aanlegte. Dit alles sal ons land se ekonomie definitief meer help as om al die geld weg te smyt. As jy regtig iets decently Europees (of uit die Noordelike halfrond for that matter) wil koop, by all means, doen dit (hulle doen baie (meeste?) dinge anyways beter) - ry die ding soos jy wil solank die smile wat dit op jou mombakkies sit direk ge-ewenaar word aan die tyd wat jy in die kar spandeer.

Anyways, dis genoeg vir nou. Ek moet nou hoeka weereens my lewe in die ding gaan waag om Andries by die lughawe te gaan haal...

Thursday, June 21, 2007

Rollout Complete :)

Net 'n vinnige update... :P

 

Die hele Humarga se rekenaars is vandag klaar vervang - al 620 van hulle.  Beste van alles is dat NIE EEN verdwyn het nie!!!

 

Wat nog kort, is die 44 laptops wat deur die Dell Foundation gesponsor is vir ons blinde / dowe studente.  Maar ou Jan is klaar besig om te beplan aan 'n 50-pc lab in die Opvoedkunde gebou... ek is seker Louis en Kiran (my helpdesk) kan op-gekommandeer word om hulle uit te pak :P

 

Verder het ek die week batebeheer-lyste op datum gebring.  die 620 pc's was maklik - dis die 450 ou rekenaars in storage wat 'n nagmerrie was!

 

Hou duimvas vir my - ek skryf more oggend my volgende Microsoft Eksamen - 70-293... dis 'n bulletjie...

Monday, June 18, 2007

'n Update... Maandeliks.... :P

Hi Almal!

Jajaja, ek weet. Baie dinge het gebeur, en ook dan seker nie so baie nie... Ek gaan ook nie 'n lang verduideliking gee nie - julle moet maar net daarmee leef.

Aan die enkeles van julle wat daar was die afgelope 6 maande - ek bedank julle uit die diepte van my hart - dit kon nie vir julle maklik gewees het nie. Aan die wat nie weet waarvan ek praat nie - moenie vra nie. Aan die wat wonder wat de hel aangaan - geseënde kersfees vir julle ook...

DESEMBER

Die karongeluk was nie die laaste strooi nie - 'n onderonsie met 4 mans in jou woonstel 5hr die oggend is... My baie-geluk-jy-moes-nou-klaar-geswot-gewees-het vakansie het begin met 'n nuwe werks-kontrak en 6 gebreekte ribbes. Ja ek kan nou eenkeer in my lewe erken dat ek ook op drugs was - ek het daai eerste 6 weke meer Myprodol as suikerkorrels in gekry...

JANUARIE

Ek en Hannes bly baie lekker in die 224 op Stellenbosch. Dit het nie 'n stoep nie en kyk ook nie op die water uit nie, maar nou ja, dis seker die prys wat jy moet betaal as jy regoorkant die pad van jou kantoor wil werk!

FEBRUARIE

Het nog 'n kontrak gekry - NG Kerk se Streeks-kantoor in Bellville. Het vir hulle 'n BPEL-Analysis gedoen en gekyk na hulle gebruik van IT-Infrastruktuur in hul Kommunikasie-Afdeling. 140 ure ekstra oortyd vir die maand... en ek love dit...

MAART

Besluit om te begin my IT-credentials op datum te kry - daar is nie regtig tyd daarvoor as jy heeldag moet vir 'n Universiteit swot nie. Het in 6 weke A+, Network+ en Security+ van CompTIA gekry.

APRIL

Microsoft Kursusse begin - swot in die aande na werk. Swot vir al 4 eksamens, en kom alles deur - join nou die eskader van die Microsoft Professionals en Microsoft Certified Systems Administrator.

Is aangestel as Direkteur van See-en-Sand Nasionale Seereddings-Instituut. Eerste Direksie-pos op 24... seker nie te vrot nie. Start the machine... oppas net die hangover na jou eie 25th - dit kan rof wees :P

MEI

Bietjie ooreis van werk? Vang myself uit dat ek vir die eerste keer 'n smile op my gevreet het oppad terug van Gordon's Bay ... al was dit net vir 15 minute.

Junie

Werkskontrak met die Universiteit van Stellenbosch is hernu tot einde van die jaar. Gaan baie goed met die werk, meeste van die 600 rekenaars hierso is aan die gang en tevrede.

Julle gaan dit moeilik glo, maar ek kan actually nie wag vir my vakansie nie (ek is die eerste week van Julie tussen Pretoria en Johannesburg).

M

Wednesday, December 20, 2006

Versekering, Medies, en ander twak...


Mense wie se versekering nog deur iemand anders georganize word - wees bly en dankbaar.... baie dankbaar.....

Ek is UIT*******EINDELIK in die pylvakke met die eis vir die liewe Tazz.... en jip, dit beteken ek vlieg Vrydagoggend BFN toe om my Corolla te gaan haal.... :)



Beste van alles - Dial Direct weier om my te verseker: Hulle is van die opinie dat ek 'n te hoë ouderdomsrisiko is, en dat 'n Toyota 1.6 (ok, dit IS 'n RSi... :P 'n sogenaamde "High Performance Vehicle" is... wragtag, ek het baie meer kilo's onder my belt as meeste mense 10 jaar ouer as ek... Hoe oud moet ek dan wees as ek 'n Audi RS4 wil ry?

Anyway, OutSurance het nie 'n probleem daarmee nie, en ek is half tevrede omdat ek hulle about 25% kon afstry op die premie - nou moet die flat se versekering nog bykom... OUCH!!!!

Om nie te praat van Medies nie :) Dis die happyness van vir jouself werk - daar's nie 'n werk wat jou versekering/medies/belasting uitsort nie - jy moet alles self doen. Waarmee ek nie regtig 'n probleem het nie, maar dit *** my af as my premies hoër is omdat 'n ander bliksem in my vasgery het.


Monday, November 27, 2006

En so eindig jaar 6 :)

Hi almal

Jip, so kom nog 'n akademiese jaar op Stellenbosch tot 'n einde.... maar contrary to popular belief, sal dit nie die laaste wees nie....

Soos meeste van julle weet, het my 2mnde "sickbed" my akademie baie vertraag. Ek moet nog 7 opstelle inhandig voordat ek die laaste liewe graadjie sal kry, en dit sal hopenlik teen April gebeur.

En in ander nuus: Ek het werk gekry!!! Ek is van 1Des een van die IT-personeel by Humarga - die BA-Fakulteit van die Universiteit. Hou my lekker op kampus terwyl ek klaar swot, en beste van alles, ek bly oorkant die pad van die werk af!!! Dit behoort darem my kilo's waarvan julle weet minder te maak :)

En gepraat van flat, Benna is terug na sy 2 jaar trip in London, en ons het hierdie week vir ons 'n flatjie georganize. Dit het ongelukkig nie sy eie braaistoep nie, maar is baie groot en spikplinternuut! Wees verseker dat ons lekker nagmaal sal kan hou in die pastorie :)

Dan in ander minder-cool nuus: Ek was 'n paar weke gelede in 'n bitterlike groot karongeluk. Ek was oppad na die Strand, en 'n man het oor 'n rooilig gery en die liewe Tazz gedecommission met my binne-in :) Genadiglik het niemand te ernstig seergekry nie. Ek het maar 'n paar stampe, harsingskudding en so oulike 7.5cm sny vol steke in my kop :)

So, hier kom die verskonings: Claire, weet jy was vinnig op 'n SA-besoek en ons kon nie koffie drink nie. Anneke, ek voel baie baie sleg ons kon mekaar nie 'n laaste keer sien voor jou groot dag nie. Ek wil net vir jou se BAIE BAIE geluk, en alle voorspoed en blessings vir jou pad vorentoe - wens ek kon da wees...

Vir die res swot ek hierdie week baie hard aan my A+ Eksamen, behoort dit Donderdag te skryf, en Vrydag is dit werktyd :) Moet Donderdag nog eers uittrek uit die Riem uit, het baie lekker vir 2 jaar hier gebly...

Die versekeringseis moet nog eers afgehandel word, behoort die einde van die week die finale woord te kry..... vir die van julle wat wonder watter nuwe wit vuurwa die Dominee mee in gaan rondrits vir huisbesoek...... wag maar vir die blog-post!!!!

Groete, M:)

Tuesday, August 29, 2006

Die Kar wat op Bier loop... :)

Hehe nog 'n posting vir Augustus... het gesê dit gaan beter raak :)

Werk werk en nogmaals werk is wat hier aangaan. Ek het nou die dag my byna doodgeskrik toe ek besef ek het 10 akademiese weke oor... dinge begin nou lekker raak!!!!

Dinge gaan great by Stellenberg - Website is online en die Mediasentrum is ook aan die gang. Ek is tans besig met my LAASTE klasblok!!! Kan dit amper nie glo nie. Dinge begin nou baie vinnig tot 'n einde loop... Nee ek is nog nie op datum nie. Het gisteraand weer 'n taak klaargemaak. Dit is darem al baie amper :) Was Saterdag by Arno se bachelors in Quay4, en hoor toe sommer my niggie Janita is verloof. Verskuilde boodskappe? :P Gaan bars!

Ek en Werner is 2 weke gelede gou Upington toe vir 'n Site Survey - dinge lyk baie belowend. Vir die wie weet (die Oppikoppi crowd) kan julleself indink wat dit alles entail. Ons het nie verdwaal nie, Norman, daar is NET een pad upington toe, en ons was nie lus om Springbok se blommetjies ook te sien nie. Tussen Brandvlei en Kenhardt sal die VR6 natuurlik oorverhit - geen selfoonontvangs...

Rondom 'n Windhoek elkeen kontempleer ons nou natuurlik hoe ons hierdie situasie in die duister nag sal die hoof bied. Alhoewel die Suid-Kaap wegspoel van die reën, is daar nie water of windpompe in die middel van ***** nerens nie. Nie eers in die kar nie (want as al die riviere vol... :P 'n Kykie in die boot ontbloot 'n halwe kas van Namibië se groenste groen. Vir die Capies hier rond wat dink hulle verstaan maar nie 'n clue het nie - bietjie wysheid van tannie Karen Zoid: Windhoek se groenste groen verskil bietjie van bv. Durban se groenste groen - min of meer dieselfde effek, maar jy rook dit nie - jy drink dit en in Nam is dit legal genoeg dat jy dit tussen die Coke yskas en die Melkkas by enige Shell garage kan kry - enige tyd van enige dag of nag. Daar is nie gras in Windhoek nie, so ons drink dit maar daar - die brakwater proe beter so. Net een kyk bring 'n gesamentlike glimlag in die glimmer lag... of was dit 'n traantjie wat geglimmer het. Ons speel nie Lotto nie, en het ook nie dit verdeel deur te loot nie. Die punt was dat kleinseun dors was, die vraag/probleem was net: hoe dors??? Ek meen wragtag, hy kan nou mos nie alles kry nie? Toe besluit ons maar om eers elkeen een te drink terwyl ons die sakie beredeneer - hoeveel skade kan Windhoek se groenste groen aan 'n engine doen - dis mos nie die Springbokke nie?

Op nr. 99 kom daar 'n boer... ok nee, hmmm hy't gery maar hy was redelik sterk onder die prop - aan, sit amper vas met sy bakkie toe hy langs die VR6 intrek. Nee, sê hy, hy het nie water by hom nie maar dit (die bier) sal nie skade maak nie - Kenhardt is net 50km ver. Ek sal nooit Werner verkwalik nie - maar hy't half shaky gelyk oor die idee - weet nie of dit was omdat dit my idee was of omdat die boer in sy dronkenskap die idee heelhartig ondersteun het nie :) 2.8L bier vir 'n 2.8l engine - coincidence??? :P Genadiglik was kleinseun nie meer dors nie, want daar was nie nog bier nie...

Veilig op Kenhardt drink ek en Werner maar Coke - die Brandewyn sal moet wag tot op Upington (en het dit!). Flush gou die radiator, en ons is weg - no problems. So vir die rekord, ek dink seker Nicol dat dit op jou van toepassing sal wees - bier werk in 'n radiator. Oppas net as jy stop en dan die prop oopdraai - warm bier stoom is nie exactly nice nie - 'n baie slegte klankie van wat jy vermors het...

Op Upington word ons mos ingeboek teen die Oranje (sorry ma, Saterdagmiddag op die vlot was dit die Vaalriver) by 'n great B&B van Jaap. As julle plek soek om te bly daar kan ek dit regtig aanbeveel. Die VR6 is ook ingeboek, maar dit was nie agv van drank nie. Hulle flush toe sommer ook weer die cooling system, ek meen, hulle weet mos hoe.

Sondagoggend vroeg. 35km uit Upington, sal kleinseun se liggie weer aangaan. Die slag het ons water. Gooi in... Hy maak gloeg gloeg soos daai laaitie in die Sasol ads... wonder wat hy gaan sê as tiener nou seker, maar toe vertel die kar my sommer mooi - en overflow daarso uit meer as net een gat - tipies tieners - kan nie eers hulle drank (of water for that matter) hanteer nie!!! 'n Vinnige kykie bring aan die lig dat 'n waterpyp nie reg vasgesit is nie... en wat ingaan gaan sommer direk uit in die stof langs die pad... maak nie eers 'n plas nie.

Kan jy dit nou glo. Na die hele noodoperasie en wat nog sieze kleinseun 'n piston as gevolg van 'n mechanic wat haastig was op 'n Saterdagmiddag. Maar huistoe is huistoe, en die eienaar wou niks weet van vlieg of busry nie - Upington sit in die middel van (ja jy weet - red.) so as jy daar gestrand raak, is jy gestrand sonder die water deel. Maar daarvoor is hy voorbereid, en stel ons sommer gou bekend aan sy Courtesy Car... Oh dear. 'n Boxed shape drop top was in my gedagtes... ek meen, as ek wou voorbarig wees kon ek gesê het two-seater ook... maar daar word ons wildste vrese waar...

Jy ken die (tappet/pervert) omie van die Vodacom ads? Onthou jy die windpomp-ad met sy boxed shaped beemer? Yep... net so. BloedBloed Rooi '96 525i - die kleinste een in die reeks, maar MET 'n M-sportpack, gedrop met die 540i se rims, 'n drukvlerk (boot-spoiler) amper breër as die kar, speakers vir Afrika in die backseat window - opgebrand deur die Noordkaapse son maar nie eers gecable nie - 'n sunshade visor agter en die beste van alles - 'n dual-tail freeflow exhaust wat teen 2000rpm klink of hy 'n V8 monster is wat uit die bonnet wil spring.

Al wat ons gekort het was fake raybans, gold chains en Hawaaian satin shirts...

Dankie liewe slim omies vir sonbrille...

Friday, August 04, 2006

Augustus

Wow... dis 'n unieke jaar hierdie...

Daar is bitter baie dinge wat gebeur het, en besig is om te gebeur... Lekker!

Toe julle almal lekker gewerk het/eksamen geskryf het/vakansie gehou het, was ek op my Lisensiaat-Toer in Natal. Dit was die eerste en langste toer in 6 jaar wat ek nie self bestuur het nie! Dit was regtig lekker gewees, behalwe natuurlik vir die lang ry. Ons was 5 van die 12 dae op die bus - heeldag. Dankie baie vir 'n iPod en 'n Laptop wat met GPRS op die 'Net kan kom, anders sou ek dit verseker nie gemaak het nie!

Die 15e Junie was ek terug op Stellenbosch, en het die inhaal begin. Slapelose nagte en langer dae het gevolg. Die goeie nuus is dat ek darem amper op datum is (uiteindelik)! Het ook 'n paar keer gepreek by Stellenberg deur die vakansie. Ek is tans druk besig om die Mediasentrum (biblioteek) by die kerk klaar te maak, dit open op 13 Augustus. Ook op daai liewe dag sal die nuwe website van die kerk live gaan. Na amper 5mnde se design en rondspeel met idees het ons besluit om WEER die site te dump en oor te begin... So julle kan dink wat ek vir die volgende 72uur gaan doen :)

Daar is nog net 3mnde en twee weke van studie oor... die uurglas begin nou lekker leeg loop. Kan nie wag daarvoor nie. Het verlede Woensdag weereens 'n jaarlikse Bybelkenniseksamen geskryf - was hierdie slag darem makliker, so ek glo nie daar sal pyne wees nie.

'n Update oor volgende jaar: Lyk my die Londen ding gaan actually nie gebeur nie! Nie dat dit nie kan werk nie, maar dat ek besig is om 'n opsie of twee hier in SA oorweeg wat dalk in die langtermyn vir my tog 'n beter besluit sal wees. Sal julle inlig as ek enigsins meer inligting het. Wat wel interessant is, is die verskuiwing wat tans in my lewe aan die gang is. Ek kan voel hoe ek myself van die student-wees ding begin lostrek en myself vir 'n werkende lewe begin oriënteer - dis amazing om weer 'n slag 'n nuwe challenge op die tafel te hê. Soos meeste van julle weet is Stellenbosch huis nr. 12 gewees, en 6 jaar daarvan, wat ook die langste was. Seker nou maar weer tyd om aan te beweeg, alhoewel ek dink dit sal vir eers maar nog in die Kaap bly! Benna kom ook November terug uit London, lyk of ons volgende jaar in 'n flat of upgraded grot gaan bly :)

En in ander nuus... julle raak verloof asof dit uit die mode uitgaan! Baie geluk en baie sterkte - julle weet wie julle is.

Vir die van julle wat worry oor 'n 5am blog-post, moenie worry nie, ek slaap deesdae baie beter...

Groete,

M:)