Tuesday, August 29, 2006

Die Kar wat op Bier loop... :)

Hehe nog 'n posting vir Augustus... het gesê dit gaan beter raak :)

Werk werk en nogmaals werk is wat hier aangaan. Ek het nou die dag my byna doodgeskrik toe ek besef ek het 10 akademiese weke oor... dinge begin nou lekker raak!!!!

Dinge gaan great by Stellenberg - Website is online en die Mediasentrum is ook aan die gang. Ek is tans besig met my LAASTE klasblok!!! Kan dit amper nie glo nie. Dinge begin nou baie vinnig tot 'n einde loop... Nee ek is nog nie op datum nie. Het gisteraand weer 'n taak klaargemaak. Dit is darem al baie amper :) Was Saterdag by Arno se bachelors in Quay4, en hoor toe sommer my niggie Janita is verloof. Verskuilde boodskappe? :P Gaan bars!

Ek en Werner is 2 weke gelede gou Upington toe vir 'n Site Survey - dinge lyk baie belowend. Vir die wie weet (die Oppikoppi crowd) kan julleself indink wat dit alles entail. Ons het nie verdwaal nie, Norman, daar is NET een pad upington toe, en ons was nie lus om Springbok se blommetjies ook te sien nie. Tussen Brandvlei en Kenhardt sal die VR6 natuurlik oorverhit - geen selfoonontvangs...

Rondom 'n Windhoek elkeen kontempleer ons nou natuurlik hoe ons hierdie situasie in die duister nag sal die hoof bied. Alhoewel die Suid-Kaap wegspoel van die reën, is daar nie water of windpompe in die middel van ***** nerens nie. Nie eers in die kar nie (want as al die riviere vol... :P 'n Kykie in die boot ontbloot 'n halwe kas van Namibië se groenste groen. Vir die Capies hier rond wat dink hulle verstaan maar nie 'n clue het nie - bietjie wysheid van tannie Karen Zoid: Windhoek se groenste groen verskil bietjie van bv. Durban se groenste groen - min of meer dieselfde effek, maar jy rook dit nie - jy drink dit en in Nam is dit legal genoeg dat jy dit tussen die Coke yskas en die Melkkas by enige Shell garage kan kry - enige tyd van enige dag of nag. Daar is nie gras in Windhoek nie, so ons drink dit maar daar - die brakwater proe beter so. Net een kyk bring 'n gesamentlike glimlag in die glimmer lag... of was dit 'n traantjie wat geglimmer het. Ons speel nie Lotto nie, en het ook nie dit verdeel deur te loot nie. Die punt was dat kleinseun dors was, die vraag/probleem was net: hoe dors??? Ek meen wragtag, hy kan nou mos nie alles kry nie? Toe besluit ons maar om eers elkeen een te drink terwyl ons die sakie beredeneer - hoeveel skade kan Windhoek se groenste groen aan 'n engine doen - dis mos nie die Springbokke nie?

Op nr. 99 kom daar 'n boer... ok nee, hmmm hy't gery maar hy was redelik sterk onder die prop - aan, sit amper vas met sy bakkie toe hy langs die VR6 intrek. Nee, sê hy, hy het nie water by hom nie maar dit (die bier) sal nie skade maak nie - Kenhardt is net 50km ver. Ek sal nooit Werner verkwalik nie - maar hy't half shaky gelyk oor die idee - weet nie of dit was omdat dit my idee was of omdat die boer in sy dronkenskap die idee heelhartig ondersteun het nie :) 2.8L bier vir 'n 2.8l engine - coincidence??? :P Genadiglik was kleinseun nie meer dors nie, want daar was nie nog bier nie...

Veilig op Kenhardt drink ek en Werner maar Coke - die Brandewyn sal moet wag tot op Upington (en het dit!). Flush gou die radiator, en ons is weg - no problems. So vir die rekord, ek dink seker Nicol dat dit op jou van toepassing sal wees - bier werk in 'n radiator. Oppas net as jy stop en dan die prop oopdraai - warm bier stoom is nie exactly nice nie - 'n baie slegte klankie van wat jy vermors het...

Op Upington word ons mos ingeboek teen die Oranje (sorry ma, Saterdagmiddag op die vlot was dit die Vaalriver) by 'n great B&B van Jaap. As julle plek soek om te bly daar kan ek dit regtig aanbeveel. Die VR6 is ook ingeboek, maar dit was nie agv van drank nie. Hulle flush toe sommer ook weer die cooling system, ek meen, hulle weet mos hoe.

Sondagoggend vroeg. 35km uit Upington, sal kleinseun se liggie weer aangaan. Die slag het ons water. Gooi in... Hy maak gloeg gloeg soos daai laaitie in die Sasol ads... wonder wat hy gaan sê as tiener nou seker, maar toe vertel die kar my sommer mooi - en overflow daarso uit meer as net een gat - tipies tieners - kan nie eers hulle drank (of water for that matter) hanteer nie!!! 'n Vinnige kykie bring aan die lig dat 'n waterpyp nie reg vasgesit is nie... en wat ingaan gaan sommer direk uit in die stof langs die pad... maak nie eers 'n plas nie.

Kan jy dit nou glo. Na die hele noodoperasie en wat nog sieze kleinseun 'n piston as gevolg van 'n mechanic wat haastig was op 'n Saterdagmiddag. Maar huistoe is huistoe, en die eienaar wou niks weet van vlieg of busry nie - Upington sit in die middel van (ja jy weet - red.) so as jy daar gestrand raak, is jy gestrand sonder die water deel. Maar daarvoor is hy voorbereid, en stel ons sommer gou bekend aan sy Courtesy Car... Oh dear. 'n Boxed shape drop top was in my gedagtes... ek meen, as ek wou voorbarig wees kon ek gesê het two-seater ook... maar daar word ons wildste vrese waar...

Jy ken die (tappet/pervert) omie van die Vodacom ads? Onthou jy die windpomp-ad met sy boxed shaped beemer? Yep... net so. BloedBloed Rooi '96 525i - die kleinste een in die reeks, maar MET 'n M-sportpack, gedrop met die 540i se rims, 'n drukvlerk (boot-spoiler) amper breër as die kar, speakers vir Afrika in die backseat window - opgebrand deur die Noordkaapse son maar nie eers gecable nie - 'n sunshade visor agter en die beste van alles - 'n dual-tail freeflow exhaust wat teen 2000rpm klink of hy 'n V8 monster is wat uit die bonnet wil spring.

Al wat ons gekort het was fake raybans, gold chains en Hawaaian satin shirts...

Dankie liewe slim omies vir sonbrille...

1 comment:

Nicol du Toit said...

Om eerlik te wees, of bier nou werk of nie, ek sou liewer gewag het vir water. Ek ding op sy goeie plek, het die Prediker mos gesê.