Monday, November 27, 2006

En so eindig jaar 6 :)

Hi almal

Jip, so kom nog 'n akademiese jaar op Stellenbosch tot 'n einde.... maar contrary to popular belief, sal dit nie die laaste wees nie....

Soos meeste van julle weet, het my 2mnde "sickbed" my akademie baie vertraag. Ek moet nog 7 opstelle inhandig voordat ek die laaste liewe graadjie sal kry, en dit sal hopenlik teen April gebeur.

En in ander nuus: Ek het werk gekry!!! Ek is van 1Des een van die IT-personeel by Humarga - die BA-Fakulteit van die Universiteit. Hou my lekker op kampus terwyl ek klaar swot, en beste van alles, ek bly oorkant die pad van die werk af!!! Dit behoort darem my kilo's waarvan julle weet minder te maak :)

En gepraat van flat, Benna is terug na sy 2 jaar trip in London, en ons het hierdie week vir ons 'n flatjie georganize. Dit het ongelukkig nie sy eie braaistoep nie, maar is baie groot en spikplinternuut! Wees verseker dat ons lekker nagmaal sal kan hou in die pastorie :)

Dan in ander minder-cool nuus: Ek was 'n paar weke gelede in 'n bitterlike groot karongeluk. Ek was oppad na die Strand, en 'n man het oor 'n rooilig gery en die liewe Tazz gedecommission met my binne-in :) Genadiglik het niemand te ernstig seergekry nie. Ek het maar 'n paar stampe, harsingskudding en so oulike 7.5cm sny vol steke in my kop :)

So, hier kom die verskonings: Claire, weet jy was vinnig op 'n SA-besoek en ons kon nie koffie drink nie. Anneke, ek voel baie baie sleg ons kon mekaar nie 'n laaste keer sien voor jou groot dag nie. Ek wil net vir jou se BAIE BAIE geluk, en alle voorspoed en blessings vir jou pad vorentoe - wens ek kon da wees...

Vir die res swot ek hierdie week baie hard aan my A+ Eksamen, behoort dit Donderdag te skryf, en Vrydag is dit werktyd :) Moet Donderdag nog eers uittrek uit die Riem uit, het baie lekker vir 2 jaar hier gebly...

Die versekeringseis moet nog eers afgehandel word, behoort die einde van die week die finale woord te kry..... vir die van julle wat wonder watter nuwe wit vuurwa die Dominee mee in gaan rondrits vir huisbesoek...... wag maar vir die blog-post!!!!

Groete, M:)

No comments: