Tuesday, July 03, 2007

Jeremy (rekkiedominee) Clarkson on the Hyundai Getz

As jy dink 'n kar is 'n blote noodsaaklike duur uitgawe om van punt A tot B te kom, hou op lees... :)

Vir die res van ons - is jou kar 'n ekstensie van jou persoonlikheid... van jou siel... Al is dit jou gesoupde golfie, rolercoaster Alfa wat enige tyd (in stylvolle Italiaanse flair) gaan breek, of jou kanniedood Toyota Hilux Bakkie... dit is iets wat ons "petrolheads" help definieer - al is dit net 'n poster van 'n Audi RS4 of BMW M5 teen jou muur (of die versteekte brosjure in 'n laai of op jou pc)...

Ek is gek oor my RSi - dit lyk soos enige ander unpretentious Corolla.... totdat jy die naald bo 4500 RPM stoot... dan dit voel of daar dan nog 'n 1.6i inklim om die smiling gevreet van die Subaru Impreza WRX gou weg te vat oppad na die 8200rpm merk... of hoe Albre??? :P

Van ons is net passievol oor bestuur en klaar - dit sit 'n smile op ons gesigte wat die ry werk toe en terug 'n exciting adventure maak, en nie 'n logistieke nagmerrie wat jou kosbare slaap-ure, familie en/of vrytyd steel nie. Ons hou niks van mense wie BMW's koop oor die looks nie, en is bereid om baie typical creature comforts op te gee om "the enjoyment of driving" baie meer opwindend te maak.

Dit is hoekom ons eerder stilbly oor duur stukke gemors (ons is nie geintreseerd in 'n gesprek wat gedryf word deur jou wallet-size nie), en blatantly outspoken is oor Kia's, Tatas, Hyundai Accidents en veral Dacias (wie kan Wiel se resensie oor hul 4x4 doublecab vergeet)!

Met my (on)geluk kan ek nie rapporteer oor Andries se Outomatiese 320d Beemer nie, want (1) die definisie van the ultimate driver's machine is beperk tot 'n behoorlike (manual vir die souties) ratkas, en (2) iemand het 2 weke terug besluit die E46 se bland lyne langs die kant kort meer karakter (side-impact collision vir die wie nie verstaan nie...) Andries is egter rather pleasantly oortuig dat hul Side-Impact Protection System sowel as die Lugsakke baie goed werk...

So met my aankoms in Gauteng (nee, dis nie vir werk nie - ek is actually op verlof!) is ek bekend gestel aan die huidige Avis Special - die Hyundai Accident se kleinboetie - die Getz ('n moordende bloedrooie daarby....) en o Gits.... Alles wat jy kan goed sê oor iets soos die Honda Jazz citicar, kan jy verkeerd sê oor die OGits - met die uitsluitlike ooreenkoms dat albei van hulle aircon en lugsakke het.

Positiewe punte: (Useless) Aircon, Kragstuur, stiller as 'n Volla. Airbags wat ek eerder nie wil toets nie...
Negatiewe punte: Hmmm daar is net 3 goeie karre uit die ooste - Toyota, Subaru en Mitsubishi (Evo's). Hyundai is nie een van hulle nie. Die hantering is soos 'n pogostick - jy gaan le dwars om draaie - ook bekend as die Sinclair C5 - dit voel soos 2 wiele langs jou - en die rempedaal laat jou wipplank ry - jy ruk vorentoe as jy trap, en jy val terug in jou stoel as jy dit los. Nee, NIE as jy die petrol trap nie. Die bring herinneringe terug van Wiel se 1996 resensie oor die Dacia Elan: "Wat? Jy wil met daai ding om daai draai met daai spoed gaan? ....ek dink nie so nie....en om te stop trap jy die rempedaal met alles wat in jou is.... en jy trap..... en jy trap................ ......en dan wag jy......." Ek dink dit sou 'n komplement wees vir die OGits.... Die petrolpedaal is 'n stuk iets wat met 'n rekkie aan iets (erens?) vas is. Jy kan hom trap - maar dis net mildly amuzing vir so lank - die harmstertjie hardloop sirkels om sy sirkel, maar jy kom nerens (en as jy die clutch @ 5km los en die kar sit op 6500rpm in eerste - wil jy regtig???). Die speedometer is anyway meer optimisties as 'n vark in Palestina. Op (sy) eie manier bring hy jou wel van punt A na B, die vraag is of jy dit (2) in Gauteng se verkeer wil doen (jy wil regtig nie), en (1) of jy enigsins wil (en dit het absoluut niks met image, styl, status of enigiets van daai gemors uit te waai).

Dit dwing my om te vra HOEKOM WIL JY DIT AAN JOUSELF DOEN???!!!! Ek is seker die rit gaan meer genotvol wees in 'n Taxi. Steeds keer dit nie mense om die goed by die dosyne te koop nie. Omdat dit beter is as 'n Golfie/Tazz(Yaris deesdae)??? Ek dink nie so nie. Jy koop dit nie vir die betroubaarheid of brand nie (herverkoopwaarde is minder as water), nog minder vir werkverrigting, en laastens vir styl nog karakter - want die OGits besit definitief nie een van bogenoemde nie.

Die mees useless gevolgtrekking van hierdie gebrabbel is dalk nie so voordiehandliggend nie, maar tog eenvoudig - koop Suid-Afrikaans. As jy betroubaarheid soek, koop 'n Toyota. As jy beter kwaliteit soek, koop 'n VW (obviously dan iets beter as 'n Golfie as jy dit kan bekostig - en bedank ons Reserwebank dat hulle dit van Julie 2007 net soveel meer onmoontlik gemaak het). Ons BMW's word actually in Gauteng gebou, en word allegedly beskou as een van hul beste aanlegte. Dit alles sal ons land se ekonomie definitief meer help as om al die geld weg te smyt. As jy regtig iets decently Europees (of uit die Noordelike halfrond for that matter) wil koop, by all means, doen dit (hulle doen baie (meeste?) dinge anyways beter) - ry die ding soos jy wil solank die smile wat dit op jou mombakkies sit direk ge-ewenaar word aan die tyd wat jy in die kar spandeer.

Anyways, dis genoeg vir nou. Ek moet nou hoeka weereens my lewe in die ding gaan waag om Andries by die lughawe te gaan haal...

No comments: