Saturday, November 05, 2005

Die (M)einde is in sig.... :)

Hallo almal!

Ja ek weet ek het lanklaas 'n update gegee...

Eerstens, het ek net 10 dae oor voor my M klaar is!!!! Soos meeste van julle weet, was daar 'n hickup hier en daar - maar hierdie is nie my persoonlike rinsanik-site nie, so ek gaan julle nie hier met negatiwiteit oorduiwel nie... nog net 1 week van huwelikspastoraat, en dan my 24h eksamentjie - sal die 17e klaar wees.

Gottlieb vlieg die 19de Nov. oor UK toe, hy gaan daar bietjie werk vir die holiday. Ek's eintlik bietjie jaloers. Die van julle wat nie weet nie, ek was 2 weke terug vir 'n werksonderhoud in die UK, het BAIE goed gegaan, maar ek gaan nie nou oor nie - ek wil eers klaar swot.

Gepraat van volgende jaar, soos meeste van julle verwag, sou ek my Lisensiaat (Praktiese Jaar) volgende jaar by Genex (Kruisgenerasie) doen. Ongelukkig kon dit nie so uitwerk nie agv. Jaques se bedanking. Fourie kan egter dit daar voltooi - ek is baie bly vir sy part. Ek het ook laas maand my laaste live P&W daar gelei - was baie lekker. Ek het Donderdag 'n onderhoud gehad, en dit lyk of ek volgende jaar my prakties by NG STELLENBERG doen! So ja, vir elke deur wat toegaan, word 'n ander een oopgemaak. Ek begin reeds vroeg in Januarie met 3 weke se kampe-AANEEN! So meeste van julle sal weet dat ek ongelooflik opgewonde is daaroor.

Wat my kollegas en ander vriende betref - kuier ek die afgelope 2mnde maar redelik baie in Tygerberg rond. Die laaste van my mede-studente doen volgende jaar hul Zuma-jare, so hulle is dan ook finaal klaar met student-wees. :(

Akademies is dit maar die gewone wat hier nou aangaan, ek is egter ook besig met my CompTIA kursusse so on the sideline - ek wil bitter graag in volgende week my A+ kursus skryf, voor November my Network+ klaarmaak. Daarna sal ek besluit of ek eers Security+ of MCSE 2003 gaan takel... Sal julle op hoogte hou.

Waldo trou die 19de November - en Hermien die 17de Desember! So dit gaan groot partytjies wees. Ek kan maar net met 'n laggie myself herinner hoe my beste skoolpel en skoolvriendin einde Matriek oortuig was dat EK die een sou wees wat eerste sou trou... :) KRY VIR JULLE!!!

Ek wil bitter graag probeer IT-werk kry hier in die Kaap/Stellenbosch vir volgende jaar, moet maar kyk - dit sal help veral met al die gewerk wat ek gedoen wil kry.

Mag dit met julle almal baie goed gaan - baie blessings.

M:)

No comments: