Monday, November 28, 2005

Vakansie: Kan 'n mens dit eet??? :)

Hallo almal...

Ja, dis blykbaar vakansie, want my M-klasse is klaar... Wroeg nog oor een module se punte, dit behoort binne die volgende 10 dae darem uitgesort te wees (hopenlik!)

Ek was verlede naweek by Waldo en Stephnie se troue... so begin hulle een vir een val. En die 12de Des. is dit Hermien se beurt... :) Kry vir julle! O ja, nou dat ek daaraan dink, moet nog 'n date reel vir daai ene...

Ek sukkel my half dood om werk te kry vir die vakansie (studente het mos geld nodig) maar dit wat ek kon kry sou basies net die uitstappie cover, so dis huistoe vir eers. Het darem 'n paar IT-boeke wat saamgaan, sal maar my tyd daaraan spandeer en musiek soos gewoonlik.

Die naweek is ek oppad Hermanus toe, gaan die lewensredders se opknappingskursus doen voor hulle moet gaan werk vir die vakansie, en sal seker daar bietjie uithelp. Enigste ander ding wat ek nou voor hoop (behalwe vir my M-punte) is dat Vodacom my gaan kontak om te help met hul beach-festival hier langs die suidkus, 22-29 Des. Sal darem sorg vir 'n goeie partytjie!

Die laaste week het ek maar net admin afgehandel, en al die laaste vriende/vriendinne gegroet - die laaste Tygerberg mense is klaar, en moet hul Zuma-jaar gaan doen op elke onbekende gat in die land... Sterkte vir julle!

Mag dit baie goed gaan met julle!

No comments: