Wednesday, January 04, 2006

Voorspoed vir die NuweJaar!!!

Dag almal

Ek weet ek het 'n maand laas 'n update gepost, so hier is die storie van my sogenaamde vakansie...

Ek moes na 'n lang baklei my 24h-eksamen her... gaan om obvious redes nie publiek hieroor uitbrei nie, maar wat nodig is om te sê dat ek my M.Div graad gekry het... :P

Ek was die 17e by Hermien en Dawie se troue. Was baie mooi gewees, en hulle begin ook nou hul lewe saam in Winhoek, Namibië. Ek het net na die voltooing van my M by Cafe Rosso in Tygerberg begin werk vir die vakansie, en hier en daar bietjie IT-goed gedoen. Dit is heelwat lekkerder as wat ek gedink het dit gaan wees, maar ek begin nou ook aan my lyf voel dat ek 'n vakansie nodig het...

Ek was vir Kersdag gou by die huis - was baie lekker. Vossie en Marelize het ook afgevlieg uit London om hul ouers te kom verras. Het baie lekker saam met hulle by Nicol-hulle op die plaas gebraai en gekuier. Nuwejaar het ek gou deurgeskiet Kleinmond toe, was 'n rustige nuwejaar. Het die eerste vir die Lifeguards daar uitgehelp met die Trans Agulhas Bootresies om die mense uit die water uit te hou.

Die vakansie het nogals gevlieg. Ek vat more 'n afdag om admin op Stellenbosch te gaan uitsort, en solank my goed daar in orde te kry. Ek bly baie lekker hier by Albre se flat in Bellville. Sal hier wees tot die 15e wat ek begin kamp saam met Stellenberg vir my Lisensiaat-jaar. Ek kan die 21ste Januarie weer in Riemvasmaak intrek. Kan nie wag om weer permanent online te wees nie!

Praat so nou en dan met Gottlieb, gaan goed met hom in London. Hy sal seker die einde van die maand terugvlieg. Vir die mense wat belangstel (of wil joke met my daaroor :P) Benna het vir my vir Kersfees die VOLLEDIGE Platinum Collector's Edition van THE MATRIX vir kersfees gegee - Gottlieb sal dit saambring!!! My ma kuier op die oomblik by haar ouers in Aliwal Noord - maw ek ry met die bakkie en MIS MY KAR!!!! Ek het vir my 'n Kersgeskenk from me-to-i gekoop... 'n 650W Competition amp... julle moet nou daai kar hoor... :P

Al my Tygerberg-vriende het ook gister begin werk orals deur die land. Klink maar vreemd vir hulle (behalwe vir Waldo wat as staatsamptenaar dit geniet om heeldag SpiderSolitaire te speel in plaas van om in mense se vrot tande rond te krap!)

Ek het ook darem die eerste keer in 7 jaar tyd gemaak vir lees - Raka van Koos Kombuis en het nou begin met Richard Branson se "Losing my Virginity" - sy outobiografie vir die van julle wat nie weet nie - die baas van die Virgin Group - baie goed.

Nou toe mense, ek glo dis die belangrikste nuus vir nou. Mag julle almal 'n geseende en voorspoedige 2006 ervaar. My volgende datum om op hoogte te hou - 22 Nov. 2006 wat my laaste dag as student in my lewe sal wees... vir nou anywayz!!!!!

Cheers,
Ds. :P

No comments: